03

SHOWS

keelVOL - 'n bittersoet komedie

Begin 2018 het Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar besluit om saam 'n toneelstuk te skryf en dit regoor die land te toer. En so, is keelVOL gebore.

Dirk Havenga was altyd 'n sanger in die groot stad maar nou gee hy musieklesse op 'n plattelandse dorpie. Mariette Labuschagne is sy nuwe student - en al wat sy wil doen is sing en dans. Is hierdie 'n ramp wat wag om te gebeur?

Kanarie

Einde 2016 word Germandt die rol van Ludolf Otterman aangebied. Ludolf is een van die Kanaries in Christiaan Olwagen se splinternuwe film wat op 19 Oktober 2018 uitgereik sal word. Die film het alreeds gewys by die Toronto InsideOut Film Festival en word later vanjaar ook by OutFest in Los Angeles gewys.

Kanarie debuteer by die Silwerskermfees 2018 waar Germandt aangewys word as "Beste Manlike Byspeler".

Binnelanders

In 2016 sluit Germandt aan by die geselskap van Binnelanders, S.A se #1 Afrikaanse daaglikse drama. Hy vertolk die rol van Louis Koster, die jonger half-boetie van At Koster. Germandt beskryf dit as die hoogtepunt van sy loopbaan sover en hy sien daarna uit om Louis nog vir 'n hele ruk te vertolk.

Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street

In 2015 sluit Germandt aan by die geselskap van Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street. Hy vertolk die rol van Adolfo Pirelli, waarvoor hy ook benoem is vir 'n Fleur du Cap Teater-toekenning vir Beste Manlike Byspeler in'n Musiekblyspel.

Tot dusver ag Germandt hierdie as die mees uitdagendste rol wat hy nog gespeel het.

© 2018 - Sparrow Media

  • White Instagram Icon