© 2018 - Sparrow Media

  • White Instagram Icon
"FANTASTIC VOICE!"

CASPER DE VRIES

HALLO!

Welkom by my website! Dis bitter cool dat jy die moeite gedoen het om hier te draai.

My naam is Germandt Geldenhuys (maar dit kon jy seker aflei uit die URL) en ek is 'n Suid-Afrikaanse akteur, sanger, stemkunstenaar en seremoniemeester.

Op die oomblik ken jy my dalk as Louis Koster op "Binnelanders" op kykNet. Of moontlik ken jy my vanaf een van my "viral" videos - wat ek nog moet maak.

Miskien herken jy my vir 'n rol in 'n teaterstuk waarin ek gespeel het (waarin ek basies al drie keer bome gespeel het). Of miskien is jy maar net vriende met my ouers en so ken jy my - ek sweer dis 90% van my fanbase.

Indien jy my nie enigsins herken nie, maar nogsteeds op hierdie blad beland het - HOERA! 'n Nuwe, organiese fan!

Nee, wag, waarheen gaan jy? Ek belowe ek is cool. Niks weird nie. Kom terug. Asb.

Anyway, vir die van julle wat sover gekom het om tot hier te lees - het jy niks beter om te doen nie?

Nie? Oh, okay.

Kyk maar hier deur my website - as jy iets sien waarvan jy hou: lees dit, like dit, share dit. En as jy nou by jouself dink: jislaaik die ou lyk baie cool, ek moet hom bespreek as MC, sanger, akteur ens vir daai _________________ wat ek oor 'n paar maande reël, kontak my. Kom ons chat. Kom ons kruis lyne. Kom ons stuur 'n cyber-posduif vir mekaar. Okay, daai laaste een was weird.

As jy te cool is vir e-posse, en jy wil eerder kontak maak via sosiale media: hier is 'n paar links op die site.

Anyway, dankie dat jy hier was. Hoop dit was lekker.

GG

Germandt Geldenhuys

info@germandtgeldenhuys.com

South Africa

HOOGTEPUNTE

GERMANDT TREE OP BY NOOT VIR NOOT

2.

VOORBLAD VAN VROUEKEUR - JANUARIE 2019

3.

GERMANDT VEROWER GESOGTE FILM-PRYS

4.

"NADER MY GOD BY U"

- KANARIE FILM

5.

KANARIE REVIEW:

THE HOLLYWOOD REPORTER

6.

KANARIE RESENSIE:

LITNET

7.